Vaalpark Primêr se liefde is roomys-soet
Vaalpark Primêr het 'n soet verrassing vir kleuterskole op Valentynsdag gehad.
VAALPARK. – Vaalpark Primêre Skool (VPS) het op Valentynsdag van die kleuterskole in Vaalpark en Vanderbijlpark gaan verras met roomys.
Nie sommer enige roomys, nee, die Soft Serve roomyswa het verbygekom met sy baie bekende wysie en al.

By elke skool was die kleuters baie opgewonde oor die onverwagse lekkerte waar hul self kon kies watter kleur stroop moes oor hul roomys paadjie maak.
Party van die kleintjies kon nie bykom nie. Gelukkig was daar altyd ‘n juffrou byderhand om hul op te tel sodat hul kon sien wat hulle wil hê.

Charmaine Kriek, Vaalpark Primêr se skakelbeampte, het saam gegaan om seker te maak almal kry hul roomys.
“Een van VPS se sewe waardes, is liefde. Dit was vir VPS ‘n voorreg om op hierdie dag vir kleuters in Vaalpark en Vanderbijlpar, “Soft Serve” roomys te gaan afgee om hierdie dag van liefde met die kleuters te deel,” het sy gesê.

Op Vrydag, 11 Februarie het VPS se personeel ook ‘n vroeë Valentynsdag verrassing gehad toe die leerlingraad se ouers hul bederf het met geskenkies om hul waardering te toon vir die onderwysers se harde werk.
VPS se skoolhoof, Karin Baker het op die skool se facebook gesê: “Die mooiste en heerlikste bederf! Thank you parents, YOU are our SUPER HEROES! Mens pak sommer die dag aan met nuwe ywer as jou oggend só begin!”.

