Local newsNewsNews

Ontmoet Die Luminator

Lumies se nuwe gelukbringer verras atlete op die veld

VAALPARK. – Die Lumiére Primêre Skool het ‘n groot verrassing vir hul atlete gehad wat op 14 Februarie aan die Sone 6 Atletiekbyeenkoms deelgeneem het.

Lumies se eie gelukbringer, Die Luminator is vir die eerste keer bekendgestel. Hy het die atlete persoonlik kom aanspoor langs die baan.

Die Luminator en die dames personeel staan gereed by die wegspring.

Dit het gewerk, want die Lumies het hul beste gegee en dit het baie goed met die skool se atlete op die baan gegaan.

Volgens juf. Juanita Swart het ‘n hele paar atlete deurgedring na die Vaalrivier byeenkoms.

Die skool het ook nou hul eie kouse wat die kinders dra met die skool se naam en sampioenprentjies op.

Juanita sê die kouse is uniek en vrolik en die kleure van die sampioene pas baie mooi by die amptelike skoolkleure.

Lumiére se nuwe kouse.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button