Local newsNewsNews

AfriForum Sasolburg bederf jeugsorgsentrumkinders

Die AfriForum-tak in Sasolburg het onlangs 'n gewone dat in 'n baie spesiale dag omskep toe hulle die twee Engo-jeugsorgsentrums se seuns en meisies bederf het. Beide die seuns en meisies het elkeen ’n geskenkpak ontvang met heerlike bederfitems in.

Die meisies is pragtig gegrimeer en het ook grimering as geskenke gekry. Daarna het hulle ’n koekieversierklas bygewoon waar elkeen ’n paar koekies gekry het wat hulle pragtig versier het. Behalwe die grimering, het die meisies geskenke soos parfuum, maskers, armbandjies en toiletware gekry.

Die meeste hiervan was donasies vanuit die gemeenskap en daarvoor bedank die AfriForum-tak die donateurs hartlik.

Die seuns wou baie graag gaan visvang, maar weens die reёnweer moes die plan verander word na knortjorre (go-karts) ry in Vanderbijlpark, waarna die seuns hartlik uitgesien het.

Die jeugsorgsentrum se meisies met die gekenke wat hulle ontvang het.

Die harde konsentrasie het die seuns baie honger gemaak en hulle is toe op ’n behoorlike noenontbyt getrakteer. Die seuns en meisies het die dag terdeë geniet. “Dit is so belangrik dat hierdie tak nie net op skoonmaak- en ander projekte fokus nie, maar ook tyd belê in die jeug.

Dit wys dat hulle die regte fokus het en belê in die leiers van môre. Julle maak my trots,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die AfriForum-tak in Sasolburg bedank elke individu en sakeonderneming wat op een of ander wyse ’n bydrae gemaak het om die dag moontlik te maak en om dit so ’n groot sukses te maak. Julle het bygedra tot groot vreugde vir die kinders.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 45344 (R1).

Die seuns se bederfpak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button