Vaalpark Primêr swemmers skitter
Vaalpark Primêr is baie trots op hul swemspan.
VAALPARK. – Die Vaalpark Primêre Skool (VPS) het uitstekend gevaar by die Noord Vrystaat skolegala.
Die swemkampionskappe is by die Penny Heyns-swembad in Sasolburg gehou op 7 en 8 Februarie.
VPS se swemmers het 21 goud, 8 silwer en 13 brons medaljes huis toe gebring.

Katelyn Fouries is ook as Junior Victric Ludorum aangewys.
Die ander medaljewenners was Wihan de Waal, Jayden Booysens, Aiva Frank, Dryden Knoetze, Barend Pieters, Chayden Swanepoel, Mia Mitrovic, Katelyn Fourie, Garrick Knoetze, Troy Liebenberg, Damian Hartman, Liané Smit en Henco Harmse.
Die skool het die swemspan en hul afrigters, me. Cherani Fourie en mnr. Janneman van Dijk, gelukgewens met die puk vertoning.


