Valentynsdag by Eureka gevier
Spanwerk het gesorg vir 'n lekker verrassing vir die leerlinge van Eureka Skool
VEREENIGING. – Eureka Skool het op Vrydag, 12 Februarie Valentynsdag gevier.
Almal was in rooi getooi vir die dag en daar is selfs ‘n modeparade gehou.
In elke groep is daar ook ‘n Mnr. en Mej. Valentyn gekroon.

Baie geluk aan Ndweni Tshiamo, Dlomo Nosipho, George Du Preez, Henna Jansen van Rensburg, Ruche Holtzhausen en Tsholofelo Motlomelo wat as wenners gekroon is.
Die kinders is ook elkeen verras met ‘n lekker gebraaide worsbroodjie.
Ralie Dippenaar van Century21 het die inisiatief geneem om die ete vir die leerlinge te organiseer.
“Ons het 510 worsbroodjies gepak,” het sy vertel. Dit was ‘n ware spanpoging. “Ons manne het Donderdagaand die wors gebraai, CMM Prokureurs het vir ons die brood gesmeer en ek en my span het die worsbroodjies by die skool gaan pak.”
Die skool se skakelbeampte, Santie Sauermann het almal wat betrokke was namens die skool bedank.
Behalwe vir die span van Century21, het Economic Slaghuis – Vanderbijlpark, Willies Bakery Vanderbijlpark en CMM Prokureurs Vanderbijlpark almal bygedra.

