Vir ‘n beter Vanderbijl – ‘n Fondsinsamelingsaand van ‘n ander aard
Indien individue, besighede, skole of tehuise by die Better Vanderbijlpark Projek betrokke wil raak, kan hul vir Kobus kontak by 082 452 5256. #trotsvanderbijlpark #vanderbijlparkonsdorp #vanderbijlparkonsmense
VANDERBIJLPARK. – Die Better Vanderbijlpark Projek gaan op 27 Februarie ‘n fondinsameling van ‘n ander aard hê.
Van die dryfkragte agter die projek (Koos & Mike Used Cars) se personeel gaan op 27 Februarie 2022 by RocoMamas “diens” doen.

Die manne en vroue gaan saam met die restaurant se permanente personeel die aand werk vanaf 16:00 tot 21:00.
In ruil vir hul harde werk het Hennie Wagener, uitvoerende bestuurder van RocoMamas gesê sal die restaurant 10% van die aand se omset aan Better Vanderbijlpark skenk.
“Hulle gaan ons so bietjie help agter in die kombuis en by die tafels bedien,” het Hennie gesê.
Dit beloof om ‘n baie lekker aand te wees en gesinne kan gerus ‘n draai kom maak.
Kobus Griesel het gesê hulle gaan omtrent so ses wees wat gaan “help” daar.
“Ek dink dis awesome van hulle om met hierdie projek vorendag te kom,” het Kobus gesê.
“Ons kort nog baie geld om die dorp weer netjies te kry en te onthou. Alle bydraes is welkom.”

