Local newsNewsNews
Tifuskoors: reeds heelwat gevalle in Gauteng ook
Tifuskoors is `n potensieel dodelike infeksie wat veroorsaak word deur bakterieë Salmonella typhi. Die bakterieë word oorgedra deur inname van kos en drank wat besmet is deur die ontlasting en urine van mense wat besmet is.


As jy ‘n persoon tifuskoors het, moet die persoon dus kontak met ander mense vermy. Jy moet ook nie met kos werk en dit vir ander voorberei en bedien nie.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het ‘n waarskuwing uitgereik oor drie afsonderlike tifus-uitbrekings in die Wes-Kaap wat in totaal 64 gevalle is – daar is ook reeds 45 gevalle in Gauteng.
Die tifus-uitbreek is reeds Woensdag bekend gemaak. In SA is tifus ‘n aanmeldbare toestand, aangesien dit uitbreekpotensiaal het.

Tifuskoors kan net deur ‘n bloedtoets bevestig word en word gewoonlik net gedoen as ‘n persoon in ‘n hospitaal opgeneem is.
Simptome sluit in kenmerke van ‘n gewone griep: koors, moegheid, hoofpyn, naarheid, maagpyn. Selfs al gaan simptome weg kan die bakterieë in die maag bly en ‘n persoon kan ‘n draer wees en sodoende ander mense aansteek.
Die gevalle vroeër aangemeld sluit in:
Wes-Kaap 64
Oos-Kaap 7
Noordwes 18
Vrystaat 4
Gauteng 45
Limpopo 4
Mpumalanga 12
Natal 9
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
