Sakeman van De Deur ontvoer
Zaheer Asmal, die eienaar van Fred’s Hardware in De Deur, is blykbaar Donderdagoggend (24 Februarie 2022) om 07:34 ontvoer.
DE DEUR – Op ‘n kringtelevisie-video kan mens sien hoe die sakeman uit sy voertuig klim en voor sy winkel gaan staan.
Sekondes later stap twee mans nader terwyl ‘n dubbelkajuit bakkie voor sy winkel langs die R82-pad (Ou Johannesburgpad) stilhou.
‘n Man spring uit die bakkie en hardloop nader aan die sakeman en die twee mans wat reeds voor die winkel met hom besig is.
Later sleep die drie mans hom na die bakkie, waar hy ingeboender word.
Vaalweekblad verstaan die polisie ondersoek die saak.
Mense met inligting word versoek om die volgende nommers te skakel:
082 609 3133
083 285 0234
072 153 3666
084 767 4633

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en sal opgedateer of aangepas word sodra ons meer inligting het.

