Trump se teenvoeter vir Facebook, Instagram en Twitter is hier
Donald Trump se sosiale media platform, Truth Social, is van stapel gestuur en is reeds op Apple se App Store beskikbaar.
Android-gebruikers sal egter nog moet wag om die toepassing af te laai.

Die voormalige Amerikaanse president is in 2021 van Facebook, Twitter en Instagram verban weens die risiko vir aanhitsing tot geweld nadat ’n skare van Trump se ondersteuners in ‘n poging om sy nederlaag in die Amerikaanse presidentsverkiesing in 2020 om te keer op 6 Januarie 2021 die Amerikaanse Kongresgebou bestorm het.
Dit het gelei tot die ontruiming en toesluit van die Capitol, asook vyf sterftes.
In Oktober 2021 het Trump aangekondig dat hy sy eie sosiale media platform van stapel sou stuur. Trump se nuwe toepassing is glo soortgelyk aan Facebook en Twitter. Trump het op 16 Februarie sy eerste plasing gemaak.
Die plasing lees as volg: “Get ready! Your favorite president will see you soon,” Trump wrote on the new platform, alternative to Twitter launched by the Trump Media & Technology Company.”
Devin Nunes van die Trump Media & Technology Group sê die toep sal waarskynlik eers teen die einde van Maart ten volle vir die publiek oop wees.
Daar is tans glo ‘n beperking op die hoeveelheid gebruikers. Die beta toetsweergawe met 500 gebruikers was reeds teen Februarie 2022 in werking

