Grotman is terug by die ERT
Die Grotman is terug, maar ai daar is dinge wat hom steeds kwel. Hy moes dan glad sy rookseine verruil vir sosiale media!
SASOLBURG. – Is mans steeds van Mars en vrouens van Venus? Jare gelede was die Grotman oortuig daarvan en blykbaar dink hy steeds so.
Groet die Grotman 2 met Grotman Phillru van Achterbergh maak op 4 en 5 Maart 2022 ‘n draai by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg.

Volgens gerugte is die Grotman en Elize darem nog getroud, maar sy tieners gee hom hoofbrekens.
Hy het ook sy rookseine verruil vir meer moderne tegnologie soos sosiale media en aanlynkonserte.
Hierdie produksie gaan beslis weer almal laat kraai van die lag, want êrens gaan jy jou man, jou vrou of jouself herken.
die Grotman is vrouens steeds die gaarders (veral van nuttelose inligting!) en mans steeds die jagters (van ‘n bok tot ‘n televisieprogram).
“Mans en vrouens lag vir mekaar in Groet die Grotman 2 en dis juis wat hierdie produksie so gewild en sterk maak” sê skrywer en regisseur Frans Swart. “Mens kan amper sê ons doen huweliksberading op ‘n komiese wyse.”
Die oorspronklike Groet die Grotman hou steeds die rekord vir die Afrikaanse teaterproduksie wat die meeste vertonings oor die langste tydperk gehad het … meer as 1 000 vertonings oor 10 jaar!
Moenie jou kans misloop om die Grotman in lewende lywe te sien nie. Vrydag, 4 Maart en Saterdag 5 Maart 2022.
Albei vertonings begin om 18:00 en kostes is R190 per persoon. Bespreek aanlyn by https://www.ltickets.co.za/theatre…/groet-die-grotman-2/.


