Local newsNewsNews

Vrou ernstig beseer in ongeluk by Ascot-on-Vaal

'n 31-Jarige vrou is Vrydagoggend (25 Februarie 2022) ernstig beseer toe twee ligte voertuie by Ascot-on-Vaal in Viljoensdrif met mekaar gebots het.

VILJOENSDRIF. – Volgens Russel Meiring, ‘n woorvoerder vir ER24, het nooddienswerkers een van die voertuie in die middel van die pad aangetref en die ander een langs die pad toe hulle omstreeks 07:25 by die toneel opgedaag het.

Die vrou het veelvuldige beserings opgedoen en is in ‘n ernstige toestand.

\

Die ander drie pasiënte is volgens Meiring nie ernstig beseer nie.

Nooddienswerkers het die vrou op die toneel behandel en haar pynmedikasie gegee voordat sy na Mediclinic Vereeniging geneem is vir verdere sorg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button