Local newsNewsNews

AfriForum-teenboelieveldtogspan in Vanderbijlpark

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het onlangs by die Vaal Triangle Academy in Vanderbijlpark besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole.

Dit is vir AfriForum belangrik om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan, daarom word elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, toegerus met die nodige vaardighede en kennis.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Skole moet ’n veilige hawe wees waar kinders kan floreer.

“Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die kennis om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind. Die doel van hierdie praatjie is om leerders te bemagtig. Leerders leer ook die verskil verskil tussen boeliegedrag en konflik, asook die verskillende vorme wat boeliegedrag kan aanneem,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

VTA Skool se leerders het gedurende die eerste week van Februarie ’n boelievraelys ingevul en onderwysers, leerders en ouers het eerstehandse inligting versamel oor leerders wat geboelie word. By VTA glo ons vas dat ’n skool vir kinders ’n veilige omgewing moet skep wat boelie- en misdaadvry is sodat hulle kan floreer.

Leandie Bräsler (AfriForum) en Oratile Mofokeng (leerder van VTA Skool).

AfriForum se gelukbringer, Matteus, het die leerders ook vertel van die wapenrusting en hulle geleer hoe om elke oggend hul eie wapenrusting aan te trek.

“Dit is belangrik om te leer hoe leerders voel sodat ons dadelik die regte maatreëls kan implementeer en dan is dit ook belangrik dat die leerders die belangrike les van ‘doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen,” sê Caren Potgieter, hoof van VTA  Skool.

AfriForum doen ’n beroep op ouers en onderwysers om proaktief op te tree. Dit is jou werk as ouer om ’n oog oor jou kind te hou en na hulle te luister. Wees bewus!

Dit is belangrik om na ons kinders se geestelike welstand om te sien. Hulle is immers die leiers van die toekoms.

Vir meer inligting oor AfriForum se teenboelieveldtog besoek www.teenboelie.co.za en laai ons teenboeliegids gratis af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button