Local newsNewsNews

Emile de Witt op borgtog van R10 000 vrygelaat

VANDERBIJLPARK. - Die vermeende Vanderbijlparkse swendelaar, Emile de Witt, is Maandag (2022/02/28) op borgtog van R10 000 vrygelaat by die hof in Vanderbijlpark.

Die 39-jarige De Witt, wat na bewering verskeie inwoners van Vanderbijlpark en omgewing uit hul geld geswendel het, staan nou ook tereg op aanklagte van ernstige misdrywe wat nie met die bedrogaanklagte verband hou nie.

Hy het nog nie op die nuwe aanklagte teen hom gepleit nie.

De Witt is op 9 Februarie deur die polisie se eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe in hegtenis geneem op dié onverwante aanklagte en is sedertdien in aanhouding.

*Volledige berig in Vaalweekblad van 2 Maart 2022.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button