Local newsNewsNews

Inwoners maak self pad reg

Die instandhoudingspan van die Riverfront Estate het vanoggend begin met werk aan tamaai slaggate op die hoek van Brandmullerrylaan en Golfweg in Drie Riviere.

VEREENIGING. – Die gate is oor ‘n tydperk van maande deur vloeiende rioolvuil wat uit ‘n drein uit opstoot uitgekalwe.

Die slaggate het die pad feitlik onrybaar gemaak. Inwoners sê die probleem is die gevolg van swak stadsbeplanning en ontwikkeling wat toegelaat is om voort te gaan sonder dat die rioolinfrastruktuur daarmee saam opgegdradeer is om die nuwe ontwikkelinge te akkomodeer.

Die probleem van die gebrekkige rioolinfrastruktuur is na jare van kla nog nie aangespreek deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit nie en daar gaan nou gevolglik slote gegrawe word om die rioolvuil weg van die pad af en in die rivier te kanaliseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button