Local newsNewsNews

Afstandkontrole maak toe vele hekke oop

Public Eye waarsku dat mense gereeld hul hekke se afstandkontroles moet herprogrameer.

VAALPARK. – ‘n Inwoner van Vaalpark het ‘n blou afstandkontrole voor sy hek opgetel op 2 Maart 2022.

Hy het die knoppies gedruk en tot sy skok het sy erf se hek en die bure se hek oopgegaan.

Hy het dit dadelik op een van die Public Eye forums gerapporteer waarna Arrie Coetzee gaan ondersoek instel het.

“Die grysknoppie het twee huise se hekke oopgemaak en die bloue nog een.

“Ons het ook die diensverskaffer in kennis gestel dat een van hulle kliënte se hekke oopgemaak kon word met die kontrole.

“Hulle het dadelik vasgestel of hulle kliënt nie dalk ‘n kontrole vermis nie, wat nie die geval was nie. Ons het toe die kontrole vernietig,” het Arrie gesê.

Hy het aangedui dat mense moet leer om hul hekkontroles self te programmeer.

“Dit is glad nie moeilik nie en hulle kan by hulle diensverskaffer aanklop om vir hulle te wys hoe. Dan moet hulle op gereelde basis al hulle kontroles se programmering kanseleer en herprogrammeer. Dit sal help om die risiko van gekloonde kontroles te verminder.”

Sekuriteit opgeskerp

Patrolliemotors reageer nadat ‘n verdagte voertuig opogemerk is.

Nadat ‘n hond in die vroeë oggendure van 2 Maart 2022 in Vaalpark vergiftig is, het Public Eye, SAPD Taakspanlede en vrywilligers dadelik sekuriteit in die dorp opgeskerp.

Die verskerpte maatreëls is ook ingestel omdat hul al hoe meer verslag gekry het van verdagte aktiwiteite in die nag.

“Ons het die gemeenskap versoek om, indien moontlik, hul privaat kameras te rig op die strate en dit te monitor in skofte deur die nag,” het Arrie gesê.

Enige verdagte voertuie of aktiwiteite word dan op die forums gerapporteer waarna die reaksie voertuie uitgestuur word. Vaalpark se parate inwoners het dadelik positief gereageer.

“Ons het ‘n geweldige reaksie en samewerking ontvang en het op die eerste oefening meer as 40 kameras aanlyn gehad wat die gemeenskap deur die nag gemonitor het,” het Arrie vertel.

Die eerste aand was daar verdagte voetgangers opgemerk in die vroeë oggendure. Die reaksie voertuig wat uitgestuur is, het tesame met die Fezile Dabi SAPD Taakspanlede, ‘n grassnyer gevind wat op die sypaadjie gestaan het op die plek waar die beweging aangemeld is.

“Ons het wel nie enige oortreders kon vastrek nie, maar dit dui aan dat die oefening effektief werk.”

Arrie het ook genoem dat die inwoners en die SAPD weer ‘n goeie vertrouensverhouding bou aangesien die SAPD Taakspanlede ook aktief op die Public Eye Telegram forums betrokke is.

Enige terugvoer oor die werking van die eerste kamera toring?

Kamera toring 1 stuur ook inligting oor voetgangers in die nag deur na die kontrolekamer.

Die eerste kamera monitering toring is op en in werking by die Vaalpark Minaarstraat ingang/uitgang na die dorp.

Arrie sê hulle kry elke dag baie inligting vanaf die toring. Voertuie wat op die NAVIC sisteem gemerk is, word telkemale opgemerk deur die notifikasie alarm sisteem.

Dis voertuie wat as gesteel aangemeld is, wat reeds by misdade betrokke was of as verdag aangemeld is.

Hierdie inligting word deurentyd met die gemeenskap op die forums gedeel binne perke en op meriete van die sensitiwiteit van die inligting.

Dus word n voertuig met die hulp van die gemeenskap se wakende oog, en wat as verdag “geflag” is, baie vinnig opgespoor in Vaalpark.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button