Local newsNewsNews
Man en vrou in ongeluk beseer
'n Man en 'n vrou is Donderdagaand (3 Maart 2022) ernstig beseer toe 'n bakkie en ligte motorvoertuig op Donaldweg in Meyerton met mekaar gebots het.
MEYERTON. – Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het nooddienswerkers om 18:00 by die toneel aangekom.
“Daar was ’n bakkie in die middel van die pad. Die ligte voertuig was in die bosse langs die pad,” vertel Meiring.
Nooddienswerkers het albei bestuurders ondersoek en gevind dat die man ( in sy 50’s) en die vrou (in haar 60’s) ernstige beserings opgedoen het.
Die pasiënte is op die toneel behandel en medikasie gegee voordat hulle na die Sebokeng- en Kopanong-hospitale vervoer is vir verdere sorg.
Twee kinders wat ten tye van die botsing in die bakkie was het ernstige beserings vrygespring.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
