Local newsNewsNews
Funky-haredag vir Lumies se Graad 1’s
Net vir die pret, want selfs hardwerkende graad 1's het soms so ekstra hupstoot nodig om deur 'n kwartaal te kom
VAALPARK. – Hierdie kwartaal begin ou bene maak en die vakansie wil nie gou genoeg oë wys nie.

Daarom het die Graad 1’s van Lumiére Primêre Skool besluit om die kwartaal bietjie woema te gee.

Hulle en hul onderwysers het ‘n funky-haredag op 4 Maart 2022 gehou.
Daar is met hoogs interessante haarstyle en kleure vorendag gekom.
Komplimente aan die ouers wat sekerlik hier ‘n kreatiewe rol gespeel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
