Nyedimane en Ashworth wen by Vaal Marathon
Chabeli Nyedimane van die Top Runners Atletiekklub het Sondag (6 Maart 2022) weer koning gekraai in die Cape Gate Vaal Marathon in Drie Riviere. Die 2018 Comrades-wenner Ann Ashworth het die dameswedloop gewen.
Nyedimane, ’n voormalige wenner van die Vaal Marathon, het ook in 2019 die marathon gewen.
Hierdie keer het hy die vinnige en plat roete in ’n tyd van 2:27:52 kafgedraf, (’n verbetering van sy persoonlike beste van 02:31:33 in 2019).

Thabiso Mosekili, ’n plaaslike atleet van die Arcelor Mittal Atletiekklub in Vanderbijlpark, het ’n tweede plek behaal (2:30:49) en die Zimbabwiër Emmanuel Mutikani van Midrand Striders was derde (2:38:31).
Die 2018 Comrades-wenner Ann Ashworth van die Hollywood Bets Atletiekklub het die vroue-afdeling van die marathon in ’n tyd van 02:54:37 gewen.

Renata Vosloo van Phantane Atletiekklub (02:56:34) en Kebogile Motshabi van Orcas Running Academy (03:03:29) was onderskeidelik tweede en derde.
Tankiso David Radebe van Top Runners Atletiekklub het die halfmarathon in ’n tyd van1:12:41 gewen met die Zimbabwiërs Delight Mutonga (1:12:43) en Mayibongwe Ndlovu (1:13:36) wat onderskeidelik tweede en derde geëindig het.
Wida de Klerk van die Murray & Roberts atletiekklub was die eerste vrou oor die eindstreep van die halfmarathon in ’n tyd van 1:28:45.
Maphuti Phaka (01:32:10) van Born to Run en Jenni Kruse (1:32:51) van Phantane Atletiekklub was onderskeidelik tweede en derde.

Bykans 1783 atlete het vir vanjaar se marathon, wat tot 2 000 deelnemers beperk was (weens Covid-19) ingeskryf.
Volgens die amptelike uitslae het 754 atlete die marathon (42.2km) en 750 atlete die halfmarathon (21.1km) voltooi.

Die top 10 uitslae van die Cape Gate Vaal Marathon (42.2km) is:
Mans: 1. Chabeli Nyedimane (Top Runners AC; 2:27:52), 2. Thabiso Mosekili (ArcelorMittal AC; 02:30:49), 3. Emmanuel Mutikani (Midrand Striders; 2:38:31), 4. Charles Mkhonto (2:38:53), 5. Sibonelo Zuke (Nedbank; 02:39:54), 6. Tebogo Sithole (Ikhayalethu AC; 02:43:34), 7. Jacky Motimele (Pretoria Military AC; 02:46:49), 8. Sampie Mokgatla (Nedbank; 2:46:58), 9. Graham Du Bourg (The Country Club Johannesburg; 02:47:18), 10. Stephan Koch (EasyEquities Born2Run; 02:47:18).
Vroue: 1. Ann Ashworth (Hollywood Bets AC; 02:54:37), 2. Renata Vosloo (Phantane AC; 02:56:34), 3. Kebogile Motshabi (Orcas Running Academy; 03:03:29), 4. Gina Pocock (Phantane AC; 3:04:19), 5. Lizzy Babili (Ikhayalethu AC; 3:11:20), 6. Lene Swart (P2696; 03:11:40), 7. Maria Vilakazi (Murray & Roberts; 03:31:12), 8. Siân Bonney (3:31:42), 9. Elizabeth Potter (32GI; 3:33:08) 10. Stella Carter (Jeppe Quondam; 3:33:41).
Volledige uitslae beskikbaar by:
https://peaktiming.co.za/results



