ERT Fliekklub – Romeo and Juliet
Direk vanaf die Royal Opera House in London, 'n lewendige opname van Romeo & Juliet! Eenmalige vertoning!
SASOLBURG. – Die Etienne Rousseu Teater se ERT Fliekklub bied op Sondag, 13 Maart, die klassieke verhaal van Romeo & Juliet op die groot skerm aan.
Hierdie balletuitvoering is in 1965 geskep deur die Royal Ballet Direkteur Kenneth MacMillan.
Die ballet beeld die tydlose drama van jong liede, familiedrama en die tragiese gevolge van onopgeloste konflik en misverstande uit soos oorspronklik verwat deur William Shakespeare se gelyknamige drama.

Die Fliekklub vertoon op Sondag die film van ‘n opname deur die Royal Ballet geselskap.
Marcelino Sambé vertolk die rol van Romeo en Anna-Rose O’Sullivan die rol van Juliet.
Die musiek is verskaf deur die orkes van die Royal Opera House en is oorspronklik gekomponeer deur Sergey Prokofiev.
Neem ‘n tree terug in tyd en word meegevoer deur hierdie klassieke verhaal wat afspeel in Verona, Italië, waar die Montagues en Capulets nog nooit in vrede kon saamleef nie….
Die filmvertoning begin om 14:00 en kaartjies beloop R100 per persoon. Tydsduur is 3 uur en 25 min met twee kort pauses.
Bespreek jou kaartjies deur ‘n whatsapp te stuur na 063 217 5147!



