Local newsNewsNews

VF Plus steun vir 6e jaar nie ELM se aansuiweringsbegroting nie

Die VF Plus het vir die sesde agtereenvolgende jaar nie die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) se aansuiweringsbegroting gesteun nie weens die administrasie se onbevoedheid om die munisipaliteit effektief te bestuur.

“Een van die redes is Emfuleni se enorme skuld aan Eskom wat tans R4,4 miljard beloop. Verskeie sake-ondernemings is gedwing om hul deure te sluit terwyl ander in naburige dorpe en stede hervestig het weens die haglike toestand van infrastruktuur en dienslewering in Emfuleni,” het rdl. Gerda Sekenal van die VF Plus uitgewys.

“Inwoners betaal getrou hul dienste-rekeninge, maar die geld word nie oorbetaal aan grootmaatverskaffers soos Eskom en Randwater nie”.

Rdl. Senekal het verder verduidelik dat die huidige administrasiespan onder leiding van mnr. Gilberto Martins, se tydperk van twee jaar ook aan die einde van Februarie tot ʼn einde gekom het.

Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Lebogang Maile, moet nou ʼn nuwe span aanwys om die munisipaliteit te probeer regruk.  Dit sal die derde span wees wat aangestel word vandat Cogta in Junie 2018 by die munisipaliteit ingegryp het.

“Sedertdien was daar geen verbetering in Emfuleni se finansiële krisis of aan dienslewering nie.

“Dit is opnuut ʼn bewys dat om ʼn munisipaliteit onder administrasie of gedeeltelike administrasie te plaas, soos in die geval van Emfuleni, nie die gewenste uitwerking het nie en eerder meer onstabiliteit en wanbestuur meebring,” sê rdl. Senekal.

“Onder die huidige omstandighede kan die VF Plus nie ʼn aansuiweringsbegroting steun wat belastingbetalers tot nadeel strek nie,” het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button