Local newsNewsNews

Video: Amper is Babatjie (die kat) uilkos!

VANDERBIJLPARK. - "Ek het so tyd gelede in Vaalweekblad gelees oor ander inwoners wat vermoed hul troeteldiere is moontlik deur uile beseer, maar ek het wraggies nie gedink my eie kat sou so amper uilkos wees nie," vertel Dawie, 'n inwoner van CW3.

Hy en sy vrou het Vrydagaand rustig voor die TV ontspan, teen omstreeks 22:00 het hul twee katte (Babatjie en Kleintjie) buite in die tuin gaan rondloop en speel.

Babatjie het op die muur gespring. Pa Dawie het geraas dat sy moet af en terug in die erf.  Dit was toe Babatjie omdraai en op pad terug is dat die uil sy kans waargeneem het.

“Ek het die gedoente gesien en dadelik vir my vrou gesê ek dink ‘n uil wou Babatjie gevang het,” vertel Dawie.

Babatjie het in die proses van die muur afgespring en het baie verwilderd en met stert wat dik gepof was in die huis ingestorm.

“Ek en my vrou kon dit nie glo nie en moes op die kameras gaan kyk het om dit te sien. Op die video kan daar duidelik gesien word hoe die uil vir Babatjie probeer vang het,” sê Dawie.

“Babatjie is nog effens skrikkerig,  maar ek dink ons het ‘n groter vrees dat een van ons katte deur ‘n uil gevang kan word,” het Dawie afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button