Local newsNewsNews

Vrou dood, drie beseer in botsing op Barrage-pad

'n Vrou is dood en ten minste drie ander beseer in 'n botsing reg van voor tussen twee ligte voertuie op die Barrage-pad in Vanderbijlpark.

VANDERBIJLPARK. – Die ongeluk het Dinsdagaand (8 Maart 2022) plaasgevind.

Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder het nooddienswerkers omstreeks 19:07 by die toneel aangekom en een van die ligte voertuie in die pad aangetref.

Die ander een het langs die pad tot stilstand gekom.

Vier vroue was in die een voertuig vasgekeer. Een van hulle het aan noodlottige beserings beswyk terwyl drie ander in ‘n kritieke toestand was.

Nooddienswerrkers moes noodgereedskap gebruik om hulle uit die wrak te bevry.

Die pasiënte is op die toneel behandel en daarna na die Sebokeng Provinsiale Hospitaal geneem vir verdere behandeling.

‘n Ander ambulansdiens het die insittendes van die ander voertuig bygestaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button