Local newsNewsNews

Graad 1 Lumie ook groenteboer

Graad 1 en hy woeker reeds om sy groot droom werklikheid te maak!

VAALPARK. – Vra die meeste kinders wat hul word en hul kan met groot drome vorendag kom.

Party vergeet langs die pad en slaan ‘n ander koers in. Min begin al op 7 jaar hul droom ‘n werklikheid maak …

Juanru is in Graad 1A in Juffrou Juanita Swart se klas by die Primêre Skool Lumiére. Hy droom daarvan om eendag ‘n boer te word.

Aan die begin van hierdie jaar het hy begin om daardie droom werklikheid te maak deur ‘n groentetuin op hul plot aan te lê.

Hy verkoop die mielies teen R7 een

Al sy harde werk begin vrugte afwerp en op die stadium het hy ‘n goeie oes van tamaties, mielies en lemoenpampoentjies.

Juanita sê Juanru verkoop die groente sodat hy nog saad kan aankoop om sy groenteboerdery uit te brei.

Plaasvars tamaties uit Juanru se eie tuin.

Hy verkoop die mielies teen R7 ‘n mielie en die lemoenpampoentjies vir R2 een.

Die tamaties is R35 vir 25-30 plaasvars tamaties.

Enige een wat graag vir Juanru wil ondersteun kan Juanita kontak by 082 521 3958.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button