Local newsNewsNews

Eureka Gholfdag ‘n groot sukses

Na 'n suksesvolle gholfdag sien die Eureka Skool nou uit na hul jaarlikse Damestee.

VEREENIGING.- Die Eurekaskool vir fisies en verstandelik gestremde leerlinge het op 2 Maart 2022 hul jaarlikse Prestige Gholfdag gehou.

Hierdie jaar het 142 spelers by die Heron Banks Gholfbaan afgeslaan.

Hierdie jaar het 142 spelers by die Heron Banks Gholfbaan bymekaargekom.

Die skool se skakelbeampte, Santie Sauermann het gesê daar was 142 spelers en 20 maatskappye wat gaatjies geborg het.

Later die dag is daar ook sowat R20 000 ingevorder toe allerlei items wat deur die leerlinge gemaak is opgeveil is. 

Van hierdie items het mosaiëk geteelde skinkborde en skilderytjies ingesluit.

Santie het gesê: “Eureka is opreg dankbaar vir elke individu en maatskappy wat op die dag betrokke was en wat bygedra het tot die sukses van die dag!

“Dankie vir die verskil wat u maak in die lewe van ‘n gestremde kind.”

Die vriendelike span van Century21 by die Gholfdag

Eurekaskool se volgende groot fondinsamelingsdag vind plaas op 21 Mei 2022. Dit neem die vorm aan van ‘n Damestee by Lion’s Creek in Meyerton.

Hierdie jaar se gassspreker is Christell Web Joubert. Kaartjies beloop R200 per persoon. Bespreek vooraf by Santie. Haar kontaknommer is 073 181 4096.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button