Local newsNewsNews

ELM kry bloedneus in landdroshof oor kragafsluitings

Die landdroshof in Vereeniging het die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) Vrydag, 5 Maart, ʼn bloedneus toegedien en beveel dat elektrisiteitstoevoer na alle eiendomme waar dispute met die munisipaliteit verklaar is, herstel moet word.

“Die VF Plus ondersteun die Emfuleni-belastingbetalersvereniging wat die inisiatief geneem het om die 3 964 geraakte belastingbetalers te verteenwoordig en die munisipaliteit hof toe te neem.

“Dit is onregverdig om mense wat in ʼn dispuut betrokke is, soos wanbetalers te behandel,” het rdl. Gerda Senekal van die VF Plus in ‘n mediaverklaring gesê.

Die hof het die Emfuleni-munisipaliteit ook beveel om ʼn dispuut-komitee in te stel om hierdie tipe sake aan te hoor en die korrekte prosedures te volg voordat strafmaatreëls ingestel word.

Inwoners het dispute verklaar met die munisipaliteit oor onder meer foutiewe kragrekeninge en verkeerde meterlesings.

“Daar is nog sowat 4 000 dispute wat handel oor riool wat deur wonings en erwe vloei en die nie-verwydering van vullis. Die VF Plus steun organisasies wat belastingbetalers se belange eerste stel en die party sal alles in sy vermoë doen om die belange van inwoners te beskerm,” het rdl. Senekal afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button