Pragkonsert ten bate van Klipkerk
Kaartjies kan per EFT gekoop word en is ook by die kerkkantoor beskikbaar by Attie Kotze, 010 025 0190 of 082 412 0528, of by Freda de Coning in Vereeniging (084 582 4572) of Martie Herbst in Vanderbijlpark (082 936 6147).
VEREENIGING. – Liefhebbers van gewyde musiek kan op 27 Maart om 15:00 na ‘n praguitvoering by die historiese Klipkerk in Vereeniging kom luister.
Die geleentheid word ten bate van die Klipkerk aangebied deur die Crescita-tak van Die Dameskring.
Verskeie musikante soos Coert Grobbelaar, die Cantando@Deltakoor, die Studiokoor en lede van Pretoria se simfonieorkes (trompet, viool, dwarsfluit, tjello en hobo) gaan optree.
Kaartjies kos R100 vir volwassenes en R50 vir kinders onder 12.
Betalings kan in die volgende rekening gedoen word en kaartjies kan da die dag by die deur afgehaal word:
Rekeningnaam: NG Kerk Vereeniging, Absa-tjekrekening 480 580 109, takkodee: 632005, met u naam as verwysing.
Kaartjies is ook by die kerkkantoor beskikbaar by Attie Kotze, 010 025 0190 of 082 412 0528, of by Freda de Coning in Vereeniging (084 582 4572) of Martie Herbst in Vanderbijlpark (082 936 6147).
************************************************************************************
