Oud-Valie ‘n Mev. SA semi-finalis
VANDERBIJLPARK. - Die Mev. SA skoonheidskompetisie het oor die jare ontwikkel tot 'n vroulike bemagtigingsbeweging en 'n PR-voertuig vir Suid-Afrikaanse vroue. Om dié rede het die pragtige Carla Niemand besluit om in te skryf en is tans een van die semi-finaliste.
Carla het hier in die Vaal grootgeword. Sy het haar laerskool loopbaan aan die Laerskool Frikkie Meyer voltooi en aan die HTS Carel de Wet matrikuleer.
Dié skoonheid is ook ‘n professionele fotograaf wat haarself sedert 2016 as troufotograaf gevestig het. Sy het in 2016 na Pretoria verhuis, waar sy en haar man reeds sewe gelukkige getroude jare deel. Maar Carla is steeds ‘n Valie in murg en been.
“Ek het hierdie jaar besluit dat ek bietjie meer wil fokus op my persoonlike doelwitte, en dit is om vrouens te inspireer om hulle drome na te jaag,” sê Carla. Sy het besluit om die Mev. SA-platvorm hiervoor te gebruik.
“Ek wil in besonder my man en ons ouers bedank vir hul bystand in alles wat ek aanpak in die lewe. Ek is baie dankbaar vir hulle”.
Sy droom daaroor om die kroon huistoe te bring en haar mense trots te maak. Hiervoor het sy egter hulp nodig.
Carla benodig besighede en handelsmerke wat haar sal verteenwoordig. Indien enige besigheid of handelsmerk betrokke wil raak, is hulle meer as welkom om haar te kontak: info@carlaniemand.co.za
Die lesers kan ook ook haar reis en deelname volg op instagram @carla_niemand en op Facebook @carlaniemandmrssasemifinalist2022
Haar boodskap is:
“Dit is ek, ek omhels myself, Ek omhels verandering, ek omhels bemagtiging”.
“Hierdie deugsame vrou verteenwoordig ‘n vrou van krag en kapasiteit – ‘n krag om mee rekening te hou. ’n Vrou wat waardigheid, integriteit en hoë morele standaarde het in hoe sy kies om haar lewe te lei. Die wêreld skree vir ons dat ons nie genoeg is nie.
“Die stemme in ons koppe sê dat ons nie waardig is nie. Gevolglik leef ons ons lewens gebaseer op ‘n fondament van vrees, in plaas van een wat op vryheid gebou is. Ons Hemelse Vader het egter ‘n ander narratief. Hy noem ons Sy geliefde.
“Dit is tyd om vrees, angs en druk in te ruil vir ‘n lewe van vrede, belofte en doelgerigtheid.
“Hoe het ek gegroei, hoe is ek geseën! Dankie aan my Here en Verlosser in die Hemel. Ek is vreeslik en wonderlik gemaak”.

Jy kan op die volgende manier vir jou gunsteling semi-finalis stem:
– Volg die Mrs. South Africa page op Instagram – Instagram Handle (@mrs_south_africa)
– Like en Volg die Mrs. South Africa page op Facebook Handle (@MrsSouthAfrica)
– Like haar foto op Mrs. South Africa se Instagram-blad te like
– Like haar foto op Mrs. South Africa Facebook-blad
SMS sal teen R3 per sms gehef word
SMS-bundels en gratis SMS’e is nie van toepassing nie
Die SMS-lyn sluit Woensdag, 29 Junie om 23:59

