Local newsNewsNews

Geliefde sanger Jody Wayne oorlede

Geliefde SA sanger Jody Wayne is vanoggend in die ouderdom van 77 jaar oorlede.

Jody was die afgelope twee weke baie siek en was in die hospitaal opgeneem. Hy het ongelukkig die stryd verloor en ons dink aan sy familie en vriende in die hartseer tyd en hoop dat hulle vertroosting sal vind.
 
 
Jody Wayne was een van die grootste name in SA in veral tussen die 1960’s en 1990’s Hy was veral bekend vir sy treffer Patches, asook sy unieke vertolking van Tell Laura I love her en The Wedding. Hy het in sy loopbaan 27 Goue en Platimum toekennings behaal as sanger en 23 as vervaardiger (producer).
 
Sy sangloopbaan het oor dekades gestrek en hy sal altyd as een van die groot name in SA onthou word.
Hy het selfs in sy loopbaan met groot name soos Madonna en Andrew Lloyd-Webber aan die Evita-album in die 1990’s gewerk.
 
  • Jody Wayne was in Bangalore, India gebore. Sy Kanadese ouers het later vir ‘n kort tyd in Engeland gewoon waarna hulle na Zimbabwe (toe bekend as Rhodesia) emigreer het. Jody het in 1965 na Durban verhuis en sy eerste groep “Little Jo & The Travelers” begin. Sy werklike loopbaan het in die 70’s begin toe hy as solo-sanger en vervaardiger sy stempel in die SA musiekbedryf begin afdruk het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button