Local newsNewsNews

McCain herroep bevrore groente oor glasstukkies

Die voedselmaatskappy McCain Foods Suid-Afrika sê hy is tans besig met 'n landwye herroeping van pakkies bevrore groente nadat daar glasstukkies in beland het.

Die herroeping is van toepassing op pakkies groente wat tussen Julie en Oktober 2021 vervaardig is – in besonder pakkies gevriesde opgekapte groenbone en roerbraaigroente. Sien die volledige lys van geaffekteerde produkte hier:

Die lys van die produkte met produksiedatums wat deur McCain herroep word. Foto: Verskaf

Die maatskappy sê in die verklaring: “Ons het die bron van die materiaal vasgestel, wat bevestig dat dit klein glas-fragmente is wat afkomstig is van ‘n gloeilamp (“light fitting”) wat slegs ‘n beperkte bondel produkte beïnvloed het”

“By McCain Foods Suid-Afrika voldoen ons aan die hoogste plaaslike en internasionale gesondheid- en veiligheidstandaarde en is ons daartoe verbind om slegs die beste, gehalte kos na die tafels van alle Suid-Afrikaners te produseer en te bring,” lui ’n uittreksel uit ’n verklaring wat die maatskappy Dinsdag (15 Maart 2022) op Twitter uitgereik het.

Volgens McCain is streng maatreëls in plek gestel om die situasie aan te spreek en produkte is reeds van handelaars se rakke verwyder.

Klante wat reeds van die pakkies groente gekoop het word aangeraai om die datums op die pakkies na te gaan om te sien of dit deur die herroeping geraak word.

Wat klante moet doen as hulle van die pakkies groente gekoop het:

1.Kyk na die datums op die pakkies

2.As dit van die geaffekteerde produkte is neem dit terug na die winkel waar jy dit gekoop het en tree met die winkelbestuurder in verbinding.

3.Die winkelbestuurder sal die klant se besonderhede neem, dit aan McCain deurgee, waarna die klant van ’n koopbewys voorsien sal word.

Klante wat onseker is of die produk wat hulle gekoop het geraak word deur die herroeping of hulp nodig het kan McCain se kliëntedienssentrum by 0800 006 498 skakel of ’n e-pos stuur aan consumer@mccain.co.za  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button