Knapgedaan Eureka sportsterre!
Eureka Skool het mooi presteer by die jaarlikse Somerspele. Veels geluk!
VEREENIGING. – Die Eurekaskool is baie trots op hul atlete en swemmers wat op 8 en 9 Maart 2022 aan die Somerspele by die E.S Le Grange-skool in Potchefstroom deelgeneem het.

Eureka se atlete het aan naellope, langafstande, gewigstoo, verspring, hoogspring en aflos deelgeneem.
Die 58 atlete wat deelgeneem het, het 6 goud-, 16 silwer en 20 bronsmedajes verower.
Die swemspan het op hul beurt aan kruipslag, vryslag, rugslag en borsslag deelgeneem en het drie bronsmedaljes losgeswem. D
ie skool se skakelbeampte, Santie Sauermann het namens die skool gesê: “Baie geluk aan elkeen van ons atlete wat so hard voorberei het tydens oefening en met elke item net hul beste gelewer het. Jul is almal sterre.”


