Wêreldwye Slaapdag vandag gevier
Het jy geweet 18 Maart 2022 is Wêreldwye Slaapdag?
Wêreldwye Slaapdag is ‘n internasionale bewusmakingsdag van die Wêreld Slaap Genootskap (World Sleep Society) wat deur die Wêreld Slaapmedisyne Vereniging (World Association of Sleep Medicine; WASM) en die Wêreld Slaap Federasie (World Sleep Federation; WSF) georganiseer word.
Die doel van Wêreldwye Slaapdag is om die voordele van ‘n goeie en gesonde slaap te vier en die samelewing se aandag op slaapprobleme en die mediese, opvoedkundige en sosiale aspekte daarvan te vestig.
Volgens https://worldsleepday.org/ is slaap een van die fondasies van gesondheid.
Die kwaliteit van jou slaap beïnvloed nie net jou fisiese energie in die oggend nie, maar ook jou geestesgesondheid en emosionele welstand.
Die slagspreuk vir 2022 se Wêreldwye Slaapdag is “Quality Sleep, Sound Mind, Happy World”.

