Burgermeester versigtig om kar te gebruik oor moontlike onreëlmatighede
Die Uitvoerende Burgemeester van die Sedibeng Distriksmunisipaliteit, rdl. Lerato Maloka sê sy weier nie om die aangekoopte Mercedes-Benz GLB (Z247) te gebruik nie, maar het bewus geword van moontlike onreëlmatighede met die verkryging van die voertuig.
Die Demokratiese Allianse het vroeër in ‘n verklaring aangevoer dat Maloka weier om die voertuig, wat die belastingbetaler na raming R696 611.99 gekos het, te gebruik omdat die voertuig wat vir haar aangekoop is nie aan haar spesifikasies voldoen nie.
Die burgemeester het in ‘n verklaring teruggekap en gesê sy sal met die voertuig wat deur haar voorganger gebruik is ry tot kwessies rondom die verkrygde voeruig uitgesorteer is.
“Die burgemeester het besluit om nie al hierdie kwelpunte oor die hoof te sien nie en wag tans op administrasie om uitklaring te oor die saak te gee.
“Die Uitvoerende Burgemeester fokus daarop om die beloftes wat sy aan die mense van Sedibeng gemaak het, na te kom en te verseker dat dienslewering geskied,” het Saviour Kgaswane, die waarnemende hoof van kommunikasie by die Sedibeng Distriksmunisipaliteit in ‘n verklaring gesê.

