Local newsNewsNews

Dokkies baie trots op dié onnie!

Die HS Dr. Malan spog nie net met leerders wat puik op die sportveld presteer nie, hulle spog ook met 'n onnie wat uitblink in aksie-netbal.

Die Dokkies se eie Juffrou Kara Pretorius het aan die Suid-Afrikaanse Interprovinsiale Aksie-netbaltoernooi deelgeneem en is gekeur vir die SA Ope-gemendespan (mans en dames) wat moontlik aan die aan die 2023 Wereldbeker gaan deelneem.
Juffrou Kara se span het ook puik presteer tydens die “Six-a-side Tournament” waar hulle ‘n goue medalje verower het. Die span het ook aan die
“Seven-a-side Tournament” deelgeneem waar hulle met ‘n silwer medalje uit die stryd getree het.
 Veels geluk juffrou Kara, ons is saam met die Dokkies trots op jou welslae.
Die Dokkies se juffrou Kara Pretorius is vir die SA Ope-gemendes aksie netbalspan (mans en dames) gekeur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button