Local newsNewsNews

Tyd raak min vir inwoners van Drie Riviere om skuif na Midvaal te steun

Inwoners van Drie Riviere wat die veldtog steun om weg te breek van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit en deel te word van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het nog net tot 31 Maart 2022 om die nodige petisievorms en afbakeningsvorms in te vul.

VEREENIGING. – Dalene Venter, raadslid vir Drie Riviere in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, en Salome Janse van Rensburg, raadslid vir Risiville in die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit was Saterdag (19 Maart 2022) in die River Square Winkelsentrum om inwoners te help om die vorms in te vul.  

Volgens Venter het duisende mense in Drie Riviere reeds aangedui dat hulle ten gunste van ’n skuif na die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit is.

Dit wys dat talle inwoners ongelukkig is met dienslewering in die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.

Die dokumente gaan by die afbakeningsraad ingedien word en daar gaan gevra word dat die munisipale grense verskuif word sodat Drie Riviere deel kan word van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit kan word.

Hoe meer steun daar is hoe beter hoe sterker is die motivering vir die skuif.

Volgens Venter het afbakeningsaansoeke kort na die munisipale verkiesing geopen en sal inwoners van Drie Riviere eers weer in vyf jaar se tyd die geleentheid kry om so ‘n aansoek in te dien.

Daar sal ook op 23 Maart 2022 om 18:30 ‘n publieke vergadering oor die kwessie by die NG Kerk Drie Riviere Oos (op die hoek van Palmstraat en Hazelstraat in Drie Riviere) gehou word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button