Local newsNewsNews
Video: Taxi vol mense ontwrig wyksverkiesing in Mullerstuine
VANDERBIJLPARK. - Geen respek vir 'n regverdige stemproses nie! Chaos was aan die orde van die dag toe daar gister in Mullerstuine net buite die dorp vir wyksverteenwoordigers gestem moes word.
Volgens inligting wat ontvang is, het twee stadsraadslede nadat die inligtingsessie afgehandel is, met die steun van ‘n taxi vol mense wat by die verrigtinge opgedaag het, die saal binne gegaan met die doel voor oë om alles te ontwrig.
Hulle het glo wapens en selfs vuurwapens gehad.
In die proses is van die OVK-verteenwoordigers aangeval en kieserslyste is ook afgevat. Die stemmery moes noodgedwonge afgestel word.
Daar is glo reeds aanklagte teen die betrokke raadslede by die Barrage Polisiestasie gelê.
Kyk video hieronder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

