Local newsNewsNews

Caprivi en Stompie is ons Oulike Troeteldier en Eienaar wenners

Vaalweekblad het onlangs Vaaldriehoekse inwoners genooi om aan ons prettige Oulike Troeteldier & Eienaar Kompetisie deel te neem en die pragtige Caprivi de Beer en haar geliefde Stompie is as algehele wenners gekroon.

Daar kan opreg gesê word dat elke inskrywing ‘n wenner in eie reg was! Maar dit was die liefde tussen dié twee wat die beoordelaars se harte gesteel het. Stompie het jare gelede op ‘n dag self by die De Beers se huis opgedaag en besluit om in te trek. “Ons het nie ‘n idee gehad wie se hond dit is nie en telkens probeer om hom na sy eie huis te jaag, maar dan was hy weer terug.

Ons het selfs plakkate opgesit om sy eienaars op te spoor,” vertel ma Angelique. Maar dié klein Jack Russell het bly terugkom.

“Toe besluit ons maar om hom aan te neem en hy is Stompie gedoop,” vertel Angelique. Caprivi (toe net drie jaar oud) en Stompie het dadelik ‘gebond’. “Ons het nie ‘n idee hoe oud Stompie is nie, maar skat hy is so 12.”

Intussen het Caprivi (12) besluit Stompie verjaar saam met haar op 3 Maart. Dus word hul verjaardae elke jaar saam gevier … kompleet met koek, kersies en sang!

Die twee se liefde vir mekaar kon nie misgekyk word nie.

Caprivi (‘n graad 6 leerling aan Vaalpark Primêr) is baie lief vir Stompie. Volgens ma Angelique druk sy hom seker 20 keer per dag ‘amper dood’.

Hulle speel ook ongelooflik baie – veral met ‘n bal of ‘n klippie. “Caprivi het hom ook maniere geleer en leer loop met ‘n halsband. Hy het geen maniere gehad met sy intrek nie en het letterlik ‘uitgefreak’ oor die halsband.

Nou loop hy soos ‘n ‘lord’ aan ‘n halsband asof die straat aan hom behoort,” lag Angelique. “Behalwe natuurlik as daar ‘n ander hond in die nabyheid is, dan sal hy baie vinnig agter sy mamma Caprivi se been wegkruip.”

En wat gaan hulle met die R500 wengeld doen? Natuurlik gaan daar snacks en ‘n nuwe bandanna vir Stompie gekoop word.

Baie geluk julle twee, julle verdien voorwaar die Oulike Troeteldier & Eienaar-titel.

Gaan kyk op Vaalweekblad se webtuiste (Vaalweekblad.com) na die foto’s wat ingeskryf is – kliek op die ‘Promotions’ skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button