Local newsNewsNews

Morsjorse steur hulle nie aan R2000 boete nie

Morsjorse steur hulle duidelik nie aan waarskuwingsborde wat waarsku dat boetes van R2000 opgelê kan word vir onwettige storting van rommel nie.

VEREENIGING. – Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het onlangs waarskuwingsborde dat mense nie vullis mag stort nie opgerig by plekke waar dit gereeld gebeur.

Maar dit lyk of selfs nie eers die borde of die R2 000 boete morsjorse afskrik nie. Vaalweekblad het op dié rommelhoop op die hoek van Caledonrylaan en Deerylaan afgekom.

‘n Rommelhoop skaars 50 meter van ‘n waarskuwingsbord wat deur die munisipaliteit opgerig is. Foto: Christiaan Cloete

Dit is onbekend wie hulle rommel daar gestort het maar as mens kan oordeel uit die afval lyk dit na ‘n persoon wat gereeld kitskosrestaurante besoek.

 

In die rommel is daar onder meer ‘n ou pizza-boks, ‘n burger-boks en haarkleurmiddel. Inwoners van die woonstelle in Deerylaan is al self uitgevang waar hulle hul tuinvullis in die gebied langs die rivier stort – reg op oorkant die straat van hul voorstoep.

Die onwettige storting van rommel bly ‘n reuse probleem in Drie Riviere waar parkgebiede en gebiede naby die rivier dikwels as stortingsterreine gebruik word.

Iemand stort gereeld hul rommel op die hoek van Deerylaan en Caledonrylaan en almal brand om te weet wie die persoon is. Foto: Christiaan Cloete
Die waarskuwingsbord waarsku oor ‘n R2 000 boete, maar morsjorse voel vere. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button