Local newsNewsNews
Selfdoen is beter as niks doen
VANDERBIJLPARK. - Die AfriForum span het die afgelope Saterdag weer ingespring en hard gewerk om die parkie en rondom die substasie in Pupinstraat, CW 5, skoon te maak.
“‘n Spesiale dankie aan die persone wat naby die area bly wat kom help het. Dankie ook aan die dame wat die petrol geskenk het, die persoon wat koeldrank gebring het, Iemas Vulstasie vir die petrol, Ice Ranch vir die ys en Perfect Water wat die water geskenk is. Ons het die opreg waardeer”, het Alta du Plooy van AfriForum Vanderbijlpark gesê.
Ongelukkig het die inwoners rondom die parkie verkies om ander pad te kyk terwyl ander mense die harde werk vir hulle gedoen het.
Daar was ook nie genoeg hande om al die vullissakke wat in die parkie gegooi was op te tel en te verwyder nie. Maar daar was ‘n duidelik verskil sigbaar na afloop van die harde werk deur die span vrywilligers.
Afriforum kry geen geldelike hulp vir hierdie skoonmaak aksies nie en dit is vrywilligers wat dit in hulle eie tyd doen.
#selfdoen is beter as niks doen





At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

