Local newsNewsNews

Die week in Vaalweekblad – Lekker lees berigte

Daar is 'n verskeidenheid van lekker lees berigte in hierdie week se Vaalweekblad.

Albertus Kriel is ‘n man van vele talente en bedrywighede. Hy neem professioneel foto’s as ‘n stokperdjie, is ‘n ingenieur van beroep, ‘n staatmaker by die Rotary Klub van Riverside en het al sy lyf akteur gehou. Nogal as die duiwel!  Lees meer oor die man agter die kameralens in Vaalweekblad van 23 Maart, bl. 8

Albertus Kriel het die rol van “Die Jester” (die duiwel in ‘n ander gedaante) in die kortfilm, Fulfilled Promises, vertolk. Foto: Verskaf

Hendrik Ebertsöhn was op sy dag ‘n eletromeganikus, maar nou is hy voltyds bakker. Blissful Baking is bekend vir hul kleurvolle, kreatiewe en verbeeldingryke tema-koeke. En om te dink dit het alles met ‘n Alice in Wonderland-troue begin. Lees meer oor Hendrik en die storie agter die storie op bl. 5 van die Vaalweekblad.

Maak mens sommer lus vir vakansie by die see! Foto verskaf.

Meriska Venter is die nuwe eienaar van Models Unlimited in Vanderbijlpark. Sy sien uit daarna om ‘n positiewe impak op elke student by die modelskool te hê. Die besigheidsvrou en ma van drie seuns het ‘n oop hand en hart vir ander en streef daarna om haar geloof in alles uit te leef. Lees meer oor die sakevrou in Vaalweekblad, bl. 7

Meriska Venter. Foto: verskaf

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button