Local newsNewsNews

Iwoners van Leeuhof maak self slaggate reg met ‘geld wat hulle nie het nie’

As die munisipaliteit nie die paaie regmaak nie moet inwoners maar self inspring.

VEREENIGING. – Leeuhof is nou nie juis die rykste woongebied in die stad nie, maar raadop inwoners het die afgelope naweek genoeg geld bymekaargeskraap om self hul paaie reg te maak.

n Groep inwoners het Saterdag, 20 Maart gewerskaf om verskeie slaggate in die woongebied reg te maak.

Die paaie het die afgelope tyd so versleg dat dit feitlik onrybaar geword het en inwoners is gevolglik met geen ander keuse gelaat nie.

Alet Cronjé, ‘n inwoner van Leeuhof, help om slaggate reg te maak. Foto: Christiaan Cloete

Ernie “Bobby” Swartz, ‘n inwoner van die woongebied, vertel: “Ons sukkel al ‘n tyd lank met die potholes.

Daar was net nie samewerking van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit nie.

Toe besluit ons as ‘n gemeenskap ons gaan self iets doen.”

Ernie meen die toestand van die woongebied se paaie hou ‘n gevaar vir motoriste, voetgangers en inwoners in en is ‘n ongeluk wat wag om te gebeur.

“Weet jy hoeveel karre gebruik hierdie paaie in die oggende en middae? Daar kan baie maklik ‘n ongeluk gebeur en wie gaan ons dan blameer? Die government? Die government wat in elk geval vir ons niks doen nie,” sê Swartz.

So, ons as gemeenskap vat nou alles in ons hande en probeer die beste daarvan maak – al het ons nie die funds nie. Alles kom uit onse sakke uit en ons is almal loafers hier.

So ons probeer ons bes,” sê hy.

Terwyl Swartz besig was om met Vaalweekblad te praat, het ‘n dankbare motoris verbygery, sy venster afgedraai en ‘n paar R20 note in sy hand gestop.

Ons waardeer wat hulle vir ons doen,” het die motoris vertel voordat hy weggery het.

‘n Inwoner van Leeuhof maak slaggate reg. Foto: Christiaan Cloete

Buiten die slaggate is die lang gras in veldjies langs die woongebied ook ‘n groot probleem.

Die gras word eenvoudig nie gesny nie. Swartz vertel:

“Ons is besig om geld bymekaar te maak, al moet ons nou self kantsnyers (weed eaters) huur. Ons beplan ook om die ligte self reg te maak, want as jy vir die government wag, dan wag jy 20 jaar,” vertel hy.

Swartz wil inwoners ook aanmoedig om toe te sien dat hul huise en erwe in ‘n netjiese toestand gehou word. Hy meen die toestand van mense se huise en erwe skep ook ‘n indruk van die woongebied.

As die munisipaliteit nie die paaie in stand hou nie moet inwoners maar self ‘n plan maak. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button