Local newsNewsNews

Solidariteit dreig Hyundai en Yes4Youth met regstappe

Solidariteit het Hyundai en Yes4Youth tot vandag, 25 Maart geleentheid gegee om te reageer op ʼn regsbrief in verband met dié organisasies se indiensnemingsprogram wat slegs vir werklose swart jongmense beskikbaar is.

“Een van die vereistes van die Yes4Youth-program is dat jy tans werkloos moet wees. ʼn Ander vereiste is egter dat jy swart moet wees. Dit wil sê dat daar, afgesien van velkleur, geen verskil in die omstandighede van die wit werklose en die swart werklose is nie.” sê Connie Mulder (Hoof Solidariteit Navorsingsinstituut).

“Om iets wat aan rassevoorkeur gekoppel word “regstelling” te noem, is absurd. Dit diskrimineer aktief teen jong wit werkloses. Enige gedagte van regstelling wat hieraan gekoppel word, is absurd.

“Dit kom daarop neer dat hierdie organisasies mense skop wat reeds lê,” sê Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI). Volgens Solidariteit word die situasie vererger deurdat Yes4Youth al in die verlede op die absurditeit daarvan gewys is om hulp aan werkloses volgens ras te verleen.

Yes4Youth het daarna skriftelike beloftes aan Solidariteit se regspan gemaak dat die program vir alle jongmense oopgestel sou word.

“Dit is absoluut skreiend dat Yes4Youth so blatant sal lieg ten spyte van die beloftes wat hy op skrif aan ons gegee het. Die krisis van jeugwerkloosheid is groter as ras. Om steeds aan te voer dat ʼn spesifieke ras se jong werkloses groter waarde het as dié van ʼn ander ras is moreel onverdedigbaar,” stel Mulder.

Solidariteit voer aan dat hulle deur Yes4Youth se misleidende optrede genoop is om die hof nou te nader om Yes4Youth se diskriminerende inisiatiewe in die bek te ruk.

“Hierdie geval is net die nuutste verwikkeling in die regering se pogings om hulp vir mense in nood volgens ras uit te deel. Toe die Covid-19-pandemie op sy piek was, moes Solidariteit die regering hof toe neem oor die toerismefonds wat slegs vir swart mense bedoel was.

“Yes4Youth dwing ons nou weer om te moet opstaan vir die basiese beginsel dat hulp aan behoeftige hande verleen moet word en nie aan swart of wit hande nie,” verduidelik Mulder.

“Om behoeftige mense wat vir hulp toustaan weens hul velkleur uit die tou te verjaag, is gewoon boos,” sluit Mulder af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button