Local newsNewsNews

Covid-19 harde grendeltydperk van 2020 herdenk

Op hierdie dag (26 Maart), twee jaar gelede, het Suid-Afrikaners se lewens onherroeplik verander toe die harde grendeltydperk van 2020 om middernag in werking getree het.

Die Nasionale Koronavirus-bevelsraad het aanvanklik ‘n 21 dag lange landwye harde grendeltydperk in werking gestel om die verspreiding van Covid-19 te keer.

Die grendeltydperk sou vir 21 dae duur (vanaf 26 Maart tot 16 April) waartydens Suid-Afrikaners gevra is om tuis te bly.

Die Nasionale Koronavirus-bevelsraad het later besluit om die harde grendeltydperk vir ‘n verdere twee weke te verleng tot die einde van April 2020.

Hierdie soort inperkings was in daardie stadium ongekend.

Sedertdien het die land deur wisselende vlakke van die grendelstaat gegaan wat van tyd tot tyd verhoog is afhangende van die aantal infeksies en by ander tye verlaag is.

Volgens die nuutste Covid-19 syfers was daar tot dusver altesaam 3 710 766 bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika oor die afgelope twee jaar, met 3 596 991 mense wat volkome herstel het.

Ná twee jaar het die pandemie reeds 99 939 Suid-Afrikaners se lewens geëis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button