Local newsNewsNews

Polisie in Gauteng doen ook goeie werk

Hoewel die publiek se vertoue in die polisie laag is, verrig die polisie in Gauteng ook goeie werk.

Hoewel die publiek se vertoue in die polisie laag is, verrig die polisie in Gauteng ook goeie werk.

Dit is die mening van Kobus Hoffman, Vryheidsfront Plus se lid van die provinsiale wetgewer in Gauteng wat ook op die provinsiale veiligheidskomitee dien.

Hoffman sê in persverklaring wat Vrydag uitgereik is die onlangs inhegtenisneming van honderde mense vir ernstige misdade is ‘n voorbeeld van goeie voorbeeld hiervan.

Hoffman sê 1250 verdagtes is tydens Operasie O Kae Molau in hegtenis geneem wat verbind word met misdaad soos geweld teen vroue en kinders.

Die oplettendheid van polisiebeamptes het ook gelei tot die inhegtenisneming van twee vermeende motorkapers Woensdag in Lilianton, Boksburg.

Hulle was in besit van polisie-uniforms, ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

Hulle word ook verbind met ʼn motorkaping wat speurders van die Jeppe-polisiekantoor ondersoek.

Hoffman sê: “Polisiebeamptes word dikwels gekritiseer vir hul onbevoegdheid en onvermoë om die veiligheid van Gauteng se inwoners te verseker, maar dit is onregverdig om alle polisiebeamptes oor dieselfde kam te skeer.

Daar is wel baie beamptes wat doeltreffend is in die uitvoering van hul taak en die VF Plus bedank hulle daarvoor.

VF Plus sal voortgaan om druk te plaas op Gauteng se polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, om polisiebeamptes te bemagtig met die nodige opleiding en toerusting om hulle in staat te stel om hul werk deeglik te verrig,” sê Hoffman.

Kobus Hoffman, VF Plus se lid van die provinsiale wetgewer, meen hoewel die publiek se vertroue in die polisie laag is, verrig die polisie in Gaugeng ook goeie werk. Skermskoot: Pierre Wheeler

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button