Local newsNewsNews

Drie in botsing op R59 beseer

'n 78-Jarige vrou is ernstig beseer en 'n ma en haar eenjarige baba het ook beserings opgedoen toe 'n ligte motorvoertuig en 'n bakkie Saterdagmiddag (2 April 2022) op die R59 in Vereeniging met mekaar gebots het.

VEREENIGING. – Volgens Ross Campbell, ‘n woordvoerder vir ER24, het nooddienswerkers van ER24 en lede van die Midvaal-brandweer omstreeks 14:30 by die toneel opgedaag en die beskadigde ligte motorvoertuig in die pad aangetref.

Daar was vier insittendes – die ma, haar baba, ‘n meisie van ongeveer 7 en die 78-jarige vrou.

Die bejaarde vrou is ernstig beseer en is in die voertuig behandel voordat sy na Mediclinic Vereeniging geneem is vir verdere behandeling.

Die ander insittendes was daartoe in staat om self uit te klim.

Die jong meisie is gelukkig nie beseer nie.

Die ma en haar baba is ook na Mediclinic Vereeniging geneem.

Die insittende van die bakkie is nie ernstig beseer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button