President Hyper inentingstasie nuwe tye
Inentingstasie nou slegs in die week oop. Geen afsprake nodig nie.
VANDERBIJLPARK – Die inentingstasie by President Hyper in Vanderbijlpark sal voortaan slegs van Maandae tot Vrydae oop wees.
Die tye bly onveranderd vanaf 08:00 – 15:00. Die President Hyper inentingstasie is ingerig in die parkeerarea aan die Dischem-kant van die gebou.
Hulle het steeds Pfizer en Johnson & Johnson inentings teen die covid-19 virus, as ook booster shots beskikbaar.
Die booster shots kan ses maande na ‘n tweede Pfizer inenting en twee maande na ‘n eenmalige Johnson & Johnson inenting toegedien word.
Die inentingstasie word die heeltyd blinkskoon gehou en alle voorgeskrewe protokol word gevolg.
Vandat die stasie geopen is, het hulle al besoek ontvang van onder andere, die Minister van Basiese Onderwys Angelina Matsie Motshekga, die LUR vir Gemeenskapsveiligheid Faith Mazibuku en die burgemeester van Emfuleni Sipho Radebe.
Al die hoogeplaastes was tevrede met die stasie se standaard, veiligheid en diens.

