Local newsNewsNews

Klub nie in donker met ‘nagfotografie’ nie

Die Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging gaan van krag tot krag en gemeet aan die uitstekende inskrywings van die onlangse klubaand, kan mens sien fotograwe kan weer vrylik rondbeweeg om foto’s te neem.

Die klub het het onlangs sy klubaand gehou waartydens die tema “Nagfotografie” was. Dié tema is nie maklik nie en is tegnies uitdagend, maar die foto’s het tot heelwat kopkrap vir die drie beoordelaars gelei. In die senior-afdeling (4, 5 Ster en hoë graderings) was Johan Joubert se “Mabua skyline” die wenner en algehele wenner, terwyl Eanette Maas in se “Groet die dag” die wenfoto in die junior-afdeling (1-3 Ster) was.

Johan Joubert se “Mabua skyline”.
Eanette Maas in se “Groet die dag”.

In die monochroom was Johan Joubert weer die senior en algehele wenner met “Zebra fight”. Leanie Hattingh se “Vinkel en Koljander” is die junior wenner. Johan se foto is ook as wenfoto van die aand aangewys. In die ope-afdeling waar enige foto vertoon mag word, was Francois Roux se “Geelbek bad” die senior- en algehele afdeling-wenner. Rika Schoeman se interessante “Three of us” is as junior wenfoto aangewys.

Johan Joubert se treffende “Zebra fight”.
Leanie Hattingh se “Vinkel en Koljander”.

In die selfoonfoto-afdeling is Eanette Maass se “Sonopkoms” die wenfoto. Vanderbijlparkse Fotografiese Vereniging bied ook elke maand ‘n aanlyn kompetisie vir lede aan. Hierdie fotos kan almal op die klub se amptelike webtuiste https://www.vdbp-photo.org/ besigtig word. Rensia Fourie se “Three paddlers” was hier die wenfoto.

Francois Roux se “Geelbek bad”.
Rika Schoeman se “Three of us”.

Die volgende klub byeenkoms vind plaas op 22 April en die maandonderwerp is “Foto Joernalistiek.” Die klub nooi alle belangstellendes om aan te sluit. Die klub kom elke derde Vrydagaand van die maand by Klip River Estates, Vereeniging om 18:30 byeen. Kontakpersoon: Johan Brits by 082 718 8394 of tsawa@yebo.co.za Webtuiste https://www.vdbp-photo.org Facebook https://www.facebook.com/VdbpPhotoClub.

Eanette Maass se “Sonopkoms”.
Rensia Fourie se “Three paddlers”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button