Local newsNewsNews

Vier in trompop botsing beseer

Vier mense is Sondagoggend in ’n ongeluk tussen twee ligte voertuie op die R82 (Ou Johannesburgpad) buite Vereeniging beseer.

VEREENIGING. – Die ongeluk waartydens twee voertuie glo reg van voor met mekaar gebots het, het vroeg Sondagoggend (3 April 2022) tussen Vereeniging en Roshnee gebeur.

Volgens ER24 is een van die mense wat by die ongeluk betrokke was ernstig beseer.

Nooddienswerkers en beamptes van die Midvaal-brandweer was omstreeks 04:00 op die toneel en het twee voertuie in die pad en ’n derde een in ’n veld langs die pad aangetref.

’n 24-jarige man wat ’n passasier van die wit ligte motorvoertuig was, is ernstig in die ongeluk beseer en was in die voertuig vasgekeer.

Die Midvaal-brandweer het hom uit die wrak bevry en hom gestabiliseer voordat hy na Mediclinic Vereeniging geneem is vir verdere sorg.

 

Die bestuurder van die voertuig, ’n vrou van dieselfde ouderdom, is gelukkig nie ernstig beseer nie.  

Twee mense van die tweede voertuig in die pad en ’n derde persoon van die voertuig in die veld het geringe beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat hulle na die hospitaal geneem is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button