Local newsNewsNews

Hondeskou in Sasolburg: So moet ‘n Bulterriër lyk!

SASOLBURG. - Van die land se mooiste Bulterriërs sal Saterdag tydens die Noord Vrystaat Bulterriërklub se jaarlikse skou te sien wees.

Die skou begin Saterdag (9 April) om 09:00 by die terrein aan die voorkant van die DP de Villiersstadion en plaaslike diereliefhebbers word hartlik uitgenooi om dit by te woon.

Kom kyk hoe moet ‘n Bulterrier lyk! Die komitee beplan ‘n dag om te onthou vir die deelnemers en ook die skougangers.

Besoekers sal die geleentheid hê om met mede Bulterrier-fanatikuste te gesels en meer oor die besondere ras te leer.

Daar sal ook looitjies te koop wees vir ‘n groot prys wat gewen kan word. Die fondse gaan vir die klub.

Die klubkomitee het ook besluit om ‘n insameling vir die plaaslike DBV te doen en dus word besoekers gevra om iets saam te bring wat na afloop van die dag aan die DBV geskenk kan word.

Kyk hoe mooi is ek oubaas! Foto: Elsje Vermeulen (geneem tydens vorige skou).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button