Local newsNewsNews

Vanderbijlpark-tak maak area rondom substasie skoon

Vanderbijlpark se AfriForum-tak en gemeenskapslede het op 2 April ingespring en ongewenste plantegroei by die Frikkie Meyer-substasie verwyder om die area veiliger te maak.

VANDERBIJLPARK. – Lang gras is ook gesny en talle bome is gesnoei. 

Die Frikkie Meyer-substasie bedien ’n groot deel van die dorp se suidelike voorstede. Bome wat teenaan die substasie groei verskaf skuiling aan sluipslapers en kabeldiewe en is boonop ’n veiligheidsrisiko.

“Ons wil n aantal substasies in die dorp ‘aanneem’ en dan die omgewing rondom dit netjies en veilig hou.

“Ons is dankbaar vir dié inwoners in ons dorp wat bereid is om saam met ons hard te werk om ’n positiewe verskil te maak.

“Ons moedig almal aan om betrokke te raak,” sê Jan Labuschagne, voorsitter van die Vanderbijlpark-tak.

Area rondom substasie word netjies gemaak. Foto: Verskaf
Die area rondom die substasie word nietjies gemaak. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button