Local newsNewsNews

Motorfietsryer dood in botsing met minibus taxi

'n Man in sy 50's is Dinsdagoggend (5 April 2022) dood toe hy met sy motorfiets in die sy van 'n taxi in Blackwoodstraat in Vereeniging vasgery het.

VEREENIGING. – Volgens Russel Meiring, ‘n woordvoerder vir ER24, het nooddiensbeamptes omstreeks 06:15 by die toneel aangekom en die motorfietsryer en sy motorfiets in die linkerkantste baan aangetref.

Die taxi het verder met die pad af tot stilstand gekom.

Die motorfietsryers het aan beserings beswyk.

Hy is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die taxi is nie ernstig beseer nie.

Die ongelukstoneel in Blackwoodstraat. Foto: ER24

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button